Path Home ... Foreign Translations ... Books in Afrikaans – Boeke in Afrikaans ... Die Psigiese Megan-reeks

Die Psigiese Megan-reeks

Die Psigiese Megan-reeks
Die Psigiese Megan-reeks

‘N Spirituele Gids, ‘N Spook Tier, En Een Vreesaanjaende Ma

deur

Owen Jones

Megan is ‘n psigiese tiener, wat niemand kan vind om haar te help om haar kragte te verstaan ​​nie … niemand leef dit nie.

‘Die Wanbegrip’ is ‘n kort storie oor ‘n jong meisie se groeiende besef dat sy in staat is om dinge te doen wat niemand in haar familie kan doen nie, alhoewel sommige van haar skool vriende sê dat hulle soortgelyke ongewonde spirituele vermoëns het. Die meisie se naam is Megan en sy is twaalf jaar oud in hierdie, die eerste boek.

Die Psigiese Megan-reeks

Megan het twee wat lyk asof dit onoorkomelik is, probleme. Die eerste is dat haar ma bang is vir haar dogter se latente vermoëns en wil haar net nie help nie, maar ontmoedig haar, en die tweede is dat sy nie ‘n onderwyser kan kry om haar te help om haar bonatuurlike, spirituele vermoëns te ontwikkel nie. Sy probeer om hulle met haar ma te bespreek, maar sy kry baie kort verligting en sy sal nie eers probeer om haar pa te vertel nie,want sy weet dat haar ma dit nie sal goedkeur nie, en sy wil eintlik aan haar ma se regte kant bly. Megan voel dat daar ‘n ongesproke verbond tussen hulle albei bestaan. Miskien is dit die verbond wat tussen alle ma’s en hulle dongters bestaan, maar miskien gaan dit ook baie dieper.

Wie sal kan sê aangesien Megan nie eers haarself weet nie? Al wat sy weet is dat haar ma nie die deel doen wat van haar verwag word as ‘n ma wat lief is vir haar een-van-die-dae tiemerjarige dogter nie, wat angste het wat sy wil, nee, moet bespreek met iemand wat sy vertrou. Megan is gewillig om haar ma tyd te gee om oor haar vrees van die paranormaal te kom. Sy kan wag en sy kan self uithou met die aaklige mishandeling wat skelm aan haar uitgedeel word sonder haar pa se kennis.

Die Wanbegrip

Ten minste, sy kan vir nou. ‘Die Wanbegrip’ is die eerste van, sover, twee en twintig kort stories in hierdie reeks oor die voordurende ontwikkeling van Megan soos wat sy mense vind om haar te help om te verstaan wat die beste manier is om voort te gaan met haar bonatuurlike, sprituele en siener vermoëns. Sy het nodig om geleer te word wat moontlik is en hoe om dit te doen, maar ook waar om haar spesiale vermoëns te plaas. Megan is ‘n goeie kind, so dit sal voor die hand liggend lyk dat sy haar kragte vir goed sal gebruik, maar dit is nie altyd maklik om die regte ding te doen selfs al weet jy wat dit is nie. Hierdie stories oor Megan sal aantrekking vind vir enige iemand wat in spirituele vermoëns, die bonatuurlike en die paranormale belang stel en tussen die ouderdomme van tien en ‘n honderd jaar oud is.

Die Psigiese Megan-reeks:

1] Die Wanbegrip

E-BOOK – ISBN: 9788835419402 – Vertaal deur Maria Burger – Prinsloo

Tektime

23] Megan se Kersfees

Vertaal deur Jamelia Khacham

Amazon   Apple iTunes   Barnes & Noble GooglePlay   Kobo   Scribd   Tektime Audiobook

24] Megan Vang Covid-19

E-BOOK – ISBN: 9788835445074 – Vertaal deur Abdu Mohammed

Tektime

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Shopping Basket
Scroll to Top